NewsSchools

VIDEO: Curro Graad 1’s is gretig om te leer

Graad 1's van Curro Krugersdorp sê hulle sien reeds daarna uit om huiswerk te begin doen.

Met groot opgewondenheid het 88 Graad 1-leerlinge hulle skoolloopbaan by Curro Krugersdorp Private Skool in Rangeview voortgesit.

Lizarn Smith, skoolwoordvoerder het gesê daar was nie trane nie omdat die kinders reeds vertroud is met die skoolomgewing.

“Ek was ook baie opgewonde om Graad 1 toe te kom omdat ek my nuwe, skoon skoolklere kon aantrek”Esti Dreyer, ‘n Graad 1-leerling

“Die meerderheid van dié leerlinge is al saam met ons van ‘n vroeë ouderdom af en om skool toe te gaan is dus nie meer vir hulle vreemd nie.”

Marietjie van Breda, Graad 1-graadhoof het dit beaam en gesê hulle leerlinge was baie opgewonde om terug by die skool te wees en dit was vir hulle as personeel baie lekker om hulle te ontvang.

“Ek hoop ons leerlinge gaan ‘n wonderlike jaar by ons hê en dat hulle dit sommer baie by ons gaan geniet.”

Esti Dreyer, ‘n Graad 1-leerling in die Afrikaans-medium klas het gesê sy sien daarna uit om sommer baie lekker huiswerk te doen.

“Ek was ook baie opgewonde om Graad 1 toe te kom omdat ek my nuwe, skoon skoolklere kon aantrek.”

Sy noem dat sy baie van haar maatjies hou en dat dit ook een van die redes is waarom Graad 1 vir haar lekker gaan wees.

Annemarie Lombard, skoolhoof het gesê hulle het baie gegroei vanjaar en staan nou op ses Graad 1-klasse, wat verdeel is in vier Engels-medium en twee Afrikaans-medium klasse.

“Ons is baie tevrede met die groei en is bly daarvoor. Die personeel is ook baie positief oor die nuwe skooljaar so ons is heeltemal reg!”

Sy het gesê die hele laerskool is vanjaar gevul en staan nou reeds op meer as 800 leerlinge.

“Nog baie aansoeke word verwerk en ook baie oorplasings van ander Curro-skole vanoor die land moet nog gedoen word.”

Vir meer foto’s kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button