NewsSchools

VIDEO: Ebenhaeser se skooljaar skop blitsig af

Die swaar reën is 'n bysaak op die nuwe Graad 1's se eerste skooldag soos hulle opgewonde wag om later met hulle nuwe maatjies buite te gaan speel.

Die eerste skooldag vir 2015 het blitsig afgeskop soos talle Graad 1-tjies by Laerskool Ebenhaeser deur die reën na hulle klaskamers toe gehardloop het.

Trotse mammas het die gange volgestaan om hulle kleingoed vir die laaste keer te groet voordat hulle eerste dag van grootskool begin.

Gesiggies vol afwagting het die klaskamers volgesit en aandagtig na juffrou geluister soos sy die reëls aan hulle voorgelees het.

Die oulike Tiffany Lundie, wat geduldig by die skryfbord gewag het vir haar sitplek het ‘n tydjie afgeknyp om met die news op video te gesels oor haar eerste skooldag en die lekkernye wat vir haar in haar kosblik wag.

‘n Opgewonde ouma het ook aan die news vertel hoe haar kleinseun die vorige nag van opgewondenheid byna nie ‘n oog kon toemaak nie.

“Sy skooltas was al vroeg gister gereed vir die geleentheid.”

‘n Oulike seuntjie met spierwit hare en pragtige bruin ogies het aan die news vertel hoe hy nie kon wag vir die reën om op te hou nie sodat hy buite met sy nuwe maatjies kon gaan speel.

Kliek hier vir nog foto’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button