Editor's choiceNewsSchools

VIDEO: ‘n Dag in ‘n Graad 1 se splinternuwe skoolskoene

'n Klomp opgewonde Graad 1's gesels oor hulle heel eerste dag van grootskool.

Talle Graad 1’s is al dou voor dag op en wakker, gereed vir die heel eerste dag van hulle skoolloopbaan.

Tydens besoeke aan talle skole in Krugersdorp het die news met verskillende Graad 1’s oor hulle eerste skooldag gesels.

Llewellyn Stroebel van Laerskool Ebenhaeser verklap aan die news hoe hy nie kan wag vir die reën om op te hou nie sodat hy saam met sy nuwe maatjies buite kon gaan speel.

‘n Teruggetrokke Kganya Sekwale van Millennium Laerskool het aan die news gefluister dat sy opgewonde is oor die eerste dag sodat sy kan leer om eendag ‘n paramedikus te word.

Kyle van Niekerk se ouma het aan sy juffrou vertel hoe opgewonde hy was en hy sy skooltas vroeg die vorige dag al gereed gehad het.

Die oulike Tiffany Lundi het ‘n tydjie afgeknyp op haar eerste skooldag om met die news te gesels oor haar dag in haar splinternuwe skoene.

Sy vertel hoe opgewonde sy is oor die skooljaar en oor haar lekker happies wat vir haar in haar kosblikkie wag.

Kyk gerus na die video om meer te sien:

Kyk gerus hier na al die oulike terug skool toe foto’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button