NewsSchools

Protearif se Graad R’e klim en klouter

Die Graad R'e van Laerskool Protearif het hulle eerste amptelike skooldag baie geniet.

Drie splinternuwe Graad R-klasse is die afgelope jaar gebou om vir die groei in die getal leerlinge by Laerskool Protearif voorsiening te maak.

Graad R-juffrou Marelise Koekemoer het gesê hulle is baie opgewonde oor die nuwe geboue, veral omdat hulle reeds die afgelope paar jaar sowat 70 Graad R-leerlinge gehad het.

“Soos die klasse groter word sal ‘n ekstra klaskamer aan ons beskikbaar gestel word.”

Nadat die reën, wat op die eerste amptelike skooldag oor groot dele van Gauteng uitgesak het, bedaar het, het die leerlinge buite op die klim-en-klouter gaan speel.

Ander leerlinge is met verskeie prettige aktiwiteite in die klas besig gehou.

“Ons het gelukkig geen leerlinge gehad wat gehuil het en hartseer was nie; hulle het eintlik baie opgewonde gelyk om by die skool te wees,” het Marelise gesê.

Donna Lourens, skoolhoof het gesê 92 Graad 1-leerlinge het vanjaar by hulle ingeskryf.

“Die onderwysers en leerlinge is baie entoesiasties oor die nuwe skooljaar.”

Hy het gesê die skool se leerlinggetalle neem beslis toe en dat die groei by die jonger kinders begin.

“Die toekoms vir Protearif lyk baie rooskleurig.”

Kliek hier vir nog foto’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button