CrimeLocal newsNews

Vrae oor onbekende lyk

'n Man in sy vroeë 30's is met 'n steekwond in sy bolyf gekry.

Die Muldersdrift polisie krap kop nadat die lyk van ‘n onbekende man in sy vroeë 30’s in Rietfontein gevind is.

Hitler Ngwenya, ‘n polisiewoordvoerder het gesê die man het steekwonde in sy bolyf opgedoen en die nadoodse ondersoek sal vasstel of dit tot sy dood gelei het.

“Ons vra die gemeenskap om asseblief na vore te kom met enige inligting wat tot die inhegtenisname van dié oortreders sal lei. Hierdie misdadigers kan heel moontlik gevaarlik wees, daarom raai ons die gemeenskap aan om hulle nie self aan te keer of te konfronteer nie.”

Kontak Speurder Major Maboe eerder op 011 952 4642 of by 082 822 8275.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button