CrimeNews

Berugte dwelmsmous in Wessies gevang

'n Berugte dwelmsmous is uiteindelik gevang.

‘n Berugte dwelmhandelaar kon die polisie nie langer flous nie en is op heterdaad betrap.

Na wat soos ‘n ewigheid gevoel het, het polisie uiteindelik die welbekende dwelmhandelaar in Krugersdorp-Wes gearresteer.

Hy is by sy huis in Van Wykstraat in hegtenis geneem nadat polisielede hom daar met vier pakkies Cat betrap het.

Gebruikers het gewoonlik een of twee pakkies in hulle besit, terwyl handelaars drie en meer sal hê.

Inwoners van die area beweer dat daar deurgaans verkeer na en van die dwelmhuis in Van Wykstraat was. Voertuie het dikwels dag en nag daar in- en uitgery.

Met die ondersoek het die polisie ook meer as ‘n handvol selfone in sy besit gekry.

Die selfone het aanhoudend gelui en daar was talle nood sms’e van vermoedelik desperate dwelmslawe.

Die dwelmhandelaar – ‘n buitelander – is tans in polisie-aanhouding en sal later dié week in die hof verskyn.

Daar is sprake dat sekere van die selfone verder ondersoek gaan word vir leidrade.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button