Die nadraai van die groot trek
Na die gemeenskap jaar na jaar die wit plakkers van Kroningspark ondersteun het, laat hulle die park in 'n haglike toestand agter.
Rommel, klere, boumateriaal en ander afval ontsier die Kroningspark-grasperk nadat die wit plakkers einde verlede jaar daarvandaan getrek het.
Die news het gaan kyk hoe vorder die ontwikkeling van die nuwe park wat Mogale City daar beplan en of dit wat die plakkers agtergelaat het, opgeruim is.

Die news was geskok om te sien dat hulle meer as net rommel op die kampterrein laat agterbly het.
Komberse, buitebande en selfs ‘n matras laat dit lyk soos Die Lappop se ashoop.
Op die andersins verlate kampterrein is ‘n aantal stootskrapers nou besig om die rommel weg te stoot en ander grondwerke te doen.

Verder is die park steeds ‘n trekpleister vir dié wat lyk of hulle die kat in die donker knyp en ander wat rustig sit en koerant lees.
Die news het ook opgemerk dat die ablusiegeriewe en ander geboue so gestroop is binne-in dat net die bakstene en fondasie oorgebly het.
Na jare se ondersteuning aan die Kroningspark-plakkers het die dorp se inwoners duidelik net stank vir dank ontvang.
Verwante artikels:
• Coronation squatters live in harmony with neighbours
• A bleak future for Coronation Park squatters?
