CrimeLocal newsNews

Vrou sien tref-en-trap-ongeluk voor haar afspeel

'n Ooggetuie het na die slagoffer van die tref-en-trap-ongeluk gehardloop en gevra of sy hom kon help, maar dit was reeds te laat.

Met vele vrae wat steeds onbeantwoord is na Sondag 25 Januarie se tref-en-trap-ongeluk, het die news met ‘n getraumatiseerde ooggetuie gesels oor die tragedie wat in Rustenburgweg afgespeel het.

Die ooggetuie het uit ‘n winkel gestap toe sy die ongeluk sien gebeur het.

Sy vertel hoe sy gesien het hoe ‘n jong man in ‘n wit Volkswagen Golf die man gestamp en aangehou ry het.

Sy onthou hoe sy weer in die winkel ingehardloop het om haar goed neer te sit en toe weer uitgehardloop het om die slagoffer te probeer help.

“Meneer kan ek jou help,” het sy gesê, maar toe sy na die slagoffer kyk het sy besef hy is op slag dood.

“Die bestuurder van die Golf het eers weggery maar na ‘n paar minute was hy terug op die toneel.”

Die ooggetuie weet nie of die jong man oor die rooi verkeerslig gejaag het nie, maar onthou wel dat hy vinnig gery het toe hy die slagoffer gestamp het.

Sy beweer die slagoffer het ‘n paar meter verder die grond getref.

“Daar was amper niks bloed nie. Mens kon net sy ingewande deur die groot skeurwond in sy bolyf sien uitpeul.”

Die slagoffer se linkerarm was so ernstig beseer dat die gebreekte been deur die vlees gesteek het.

Die GPF Sektor 5, polisie en ER24-paramedici was binne minute op die toneel om te help met die verkeer en om die lyk weg te neem.

Daar word beweer dat die lyk ‘n geruime tyd in die pad gelê het en eers sowat twee uur later verwyder is.

Die ooggetuie sê dat sy later die aand toe sy rusteloos in haar bed rondgerol het, eers besef het wat werklik gebeur het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button