Local newsNews

Boererate? Nee wat, nie vir my nie

Met 35-jaar se ervaring in verpleegkunde het Hester Steyn al verskeie aaklige tonele gehad om te aanskou, maar selfs hierdie stres sal haar nie weghou van haar beroep waar sy daagliks met siek mense werk nie.

• Wat doen jy graag Vrydagaande en oor die naweek?

Ek kuier graag saam met my familie. Oor die naweek ry ek en my ma graag Pilanesberge toe om net vir die dag te ontspan, anders sal jy my in die winkels raakloop waar ek na al die mooi dinge kyk.

• As jy nie ‘n verpleegster was nie, wat sou jou beroepskeuse gewees het?

‘n Prokureur.

• Hoe lank is jy nou al in die mediese beroep en sal jy jou werk vir iets anders verruil as jy die kans kry?

Ek is al 35-jaar ‘n professionele verpleegkundige en sal dit vir niks verruil nie.

• Wat behels jou werk presies?

Ek is die verpleegdiensbestuurder vir Netcare se Krugersdorp en Bellstraat hospitale. Ek is daarom verantwoordelik vir my pasiënte se versorging en ook om toe te sien dat my hospitaalpersoneel in ‘n gelukkige omgewing werk.

• Wat sou jy sê is die belangrikste deel van jou werk?

Om regtig te luister na wat mense vir my sê en nie net te hoor nie. Daardeur laat dit my toe om werklik tot die wortel van die probleem te kom om dit na die beste van my vermoë te hanteer.

• Jy werk op ‘n gereelde basis met siek mense en beseerdes. Maak dit jou ooit depressief voel teenoor jou werk?

Nooit nie, dis ‘n voorreg om daar te kan wees vir my pasiënte en hul families.

• Hoe hanteer jy jou werkstres?

Ek het ‘n kreatiewe streep en hou daarvan om myself met verskeie vorme van kuns besig te hou. Dit is vir my baie moeilik om stil te sit.

• Wat is jou mening oor boererate en beveel jy dit aan?

Ek glo nie regtig aan boererate nie en weet te min daarvan om dit aan enige een aan te beveel.

• Watter oomblik in jou loopbaan was vir jou die ergste?

Ek het op ‘n stadium by die Newcastle Provinsiale Hospitaal gewerk waar daar gedurende hierdie periode ‘n chemiese ontploffing by ‘n fabriek was. Ons het ses pasiënte op een slag in ongevalle gekry wat almal met brandwonde van 80 persent of meer gediagnoseer is – dit was ‘n aaklige prentjie om te aanskou. Daar het ons ses ure lank gespook om hulle aan die lewe te hou voordat hulle na ‘n hospitaal in Durban vervoer is, maar ‘n week later is ons ingelig al die pasiënte het gesterf.

• Wat geniet jy die meeste van jou werk?

Daar is nooit ‘n vervelige oomblik nie en wat ek die meeste geniet is om te sien hoe siek pasiënte gesond huis toe gaan.

• Het jy enige stokperdjies?

Ja, enige vorm van kuns, blommerangskikking, lees, skyfskiet en om op my klavier te speel.

• In watter koffiewinkel of restaurant kuier jy graag?

Ek verkies om na verskeie plekkies toe te gaan en iets anders en nuuts te ervaar.

• Het jy troeteldiere?

Ja ‘n beagle, Jessie.

• As jy nie by die huis of by die werk is nie, waar sal ‘n mens jou kry?

In een of ander craft winkel of in ‘n boekwinkel.

• Waarheen sal jy nog wil reis en het jy ‘n gunsteling vakansiebestemming?

Ek het al verskeie oorseese vakansies gehad, maar sal nog graag Rusland en die Oosblok-lande wil besoek. Ek was ook al bevoorreg om deur ons pragtige land te toer.

• Wat is jou gunsteling:

Fliek: My Big Fat Greek Wedding

Musiek: klassiek country

Kos: Thai

Drankie: Amarula op ys

Winkel: Woolies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button