CrimeLocal newsNews

Misdaad neem af in Noordheuwel

Die afgelope Desember tydperk was die misdaad baie minder met Januarie en Februarie waar huisinbrake en -rooftogte geseëvier het.

Die Krugersdorp Sektor 7 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs hulle maandelikse gemeenskapsvergadering by die AFM Kerk in Noordheuwel gehou om, onder andere, oor misdaadsake te gesels.

Tydens die vergadering het die polisie gesê dat die afgelope feesseisoen en veral Desember maand redelik misdaad vry was. Januarie en Februarie was die maande waar misdaad soos huisinbrake en -rooftogte geseëvier het.

John van Rooyen, voorsitter van Sektor 7 GPF het inwoners weer van voor af gemaan om te alle tye veiligheidsbewus te wees.

“Maak seker dat wanneer jy by jou oprit opry dat daar nie iemand agter jou staan nie. Wees heeltyd waaksaam, want misdadigers wag gewoonlik vir jou om tuis te kom.”

Die polisie het voorts gesê dat die polisie altyd in volle uniform moet wees en jou slegs langs die pad in ‘n gemerkte voertuig kan afrek.

Lede van die gemeenskap wat die Sektor 7 GPF-vergadering bygewoon het om te hoor wat die nuwe misdaadtendense in hulle areas is.
Lede van die gemeenskap wat die Sektor 7 GPF-vergadering bygewoon het om te hoor wat die nuwe misdaadtendense in hulle areas is.

Indien jy onveilig voel, het jy die reg om tot die naaste polisie stasie of publieke plek te ry.

Richard Lees, ‘n Demokratiese Alliansie (DA) raadslid het gesê dat mense spaarsamig met die water moet werk in tye van beurtkrag omdat die waterreservoirs in spitstye tussen vyf ure vol kan bly voordat dit heeltemal leegloop.

Inwoners word dus gevra om nie hulle watersproeiers aan te sit nie en die wat in die hoërliggende gebiede woon kan moonntlik van die eerstes wees wat met watertekorte sal sit.

Die grasprobleme van Redfurn Park is ook bespreek en dit is vasgestel dat dit aan die staat behoort en dat dit die munispaliteit tot R20 000 kos om te sny, geld wat dan met moeite van die staat verhaal moet word.

Vermiste diere plakkate wat op straattekens geplaas word sal verwyder word en daar sal teen die persoon wat dit opplak opgetree word omdat dit ‘n oortreding van Mogale City Plaaslike Munisipaliteit se bywette is.

Nico Prinsloo van die Veerkeersafdeling het tydens die vergadering genoem dat hulle ook streng teen padgebruikers sal optree wat die padreëls verontagsaam en dié wat sonder nommerplate rondry.

GPF-lede saam met raadslede en die polisie wat die vergadering bygewoon het.
GPF-lede saam met raadslede en die polisie wat die vergadering bygewoon het.

Inwoners wou ook weet of daar teen vierwielmotorfietsryers opgetree gaan word waarop Prinsloo gesê het dat hierdie ryers beboet kan word omdat dit glad nie op die pad mag wees nie.

Van Rooyen is veral in sy skik met die samewerking van die gemeenskap. Die GPF se patrolleerders se harde werk is self ook deur Krugersdorp Polisiestasie se bevelvoerder Brigadier Dilapkimar Baijnath raakgesien en bedank.

Rohan Prinsloo is as die Patrolleerder van die maand aangewys.

Die GPF-ledetal het tot 810 gegroei, 192 van die 346 huishoudings wat lede is, is in besit van ‘n radio en 33 patrolleerders sien om na die gemeenskap.

“Ons is so suksesvol omdat ons saam met so ‘n hardwerkende gemeenskap werk,” het Van Rooyen afgesluit.

Van die GPF-lede wat die vergadering bygewoon het.
Van die GPF-lede wat die vergadering bygewoon het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button