Local newsNewsSchools

Monnas se eie radioster

Groot koppe van RSG sien 'n ster van Monnas raak.

‘n Leerlinge van Hoërskool Monument skitter as een van Radio Sonder Grense se nuutste radio sterre.

Sewentien-jarige Saskia Pocock, ‘n matriekulant vertolk tans twee rolle op Radio Sonder Grense (RSG) se storietyd.

Pocock, saam met twee ander Monnas leerlinge, het verlede jaar saam met Juffrou Este Pienaar aan die KykNET tiener toneel kompetisie gaan deelneem in Kaapstad.

Na drie veeleisende rondtes van audisies was Pocock as een van nege geskies wat op RSG se databasis gelaai sou word.

Leon van Nierop, omroeper by RSG, kom toe op haar stemtoets af en bied haar ‘n werksaanbod as ‘n karakter in die radiostorie Ratels aan.

‘n Tweede gelukslag tref haar weer toe RSG se Evert Snyman haar kontak vir ‘n tweede geleentheid vir die storie Die Proponentjie.

Die news vra vir Pocock wat sy gesê het toe hulle haar skakel met die goeie nuus; “Natuurlik het ek ja gesê,” met haar sprakelende persoonlikheid wat by haar uitborrel.

Sy het reeds in Augustus 2014 aan Ratels begin werk en het op 9 Februarie die 300ste uitsaai van die program gevier.

“As dit nie vir al die geleenthede by Monnas was nie, so ek nooit hierdie geleentheid losgeslaan het nie.”

Haar matriekjaar gaan bedrywig wees omdat sy ekstra klasse op Saterdae en die opneming van die programme moet balanseer.

“Ek voel geëerd en dankbaar, dit is net ‘n handjie vol kinders wat so ‘n geleentheid kry.”

Die news het haar gevra of haar skoollewe verander het na haar radio loopbaan afgeskop het en haar onlangse onderhoud in ‘n dagblad-koerant, waarby sy die volgende antwoord: “Ek bly steeds die ou plat-op-die-aarde vreemde meisie wat ek is”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button