‘n Gesin van Krugersdorp-Wes is op ‘n ontnugteringe manier in die vroeë oggendure wakker gemaak deur skurke.
Die gesin, wat liefs anoniem wil bly omdat hulle vrees vir hulle lewens, vertel aan die news hoe hulle slagoffers van nog ‘n gewapende roof geword het.
Hulle meen dat dwelms in die area so ‘n groot rol speel in die misdaad, dat onskuldige inwoners meestal geteiken word.
“Ons is mos nie deel van die ‘druggies’ nie.”
Twee verdagtes het sowat 2vm by hulle agterdeur ingebreek en hulle wakker geskree vir hulle besittings.
“Hulle het vir ons gesê dat hulle geld, skootrekenaars, kredietkaarte en selfone soek.”
Die verdagtes het die man toe met ‘n revolwer aangehou.
Die lawaai van die oproer het die gesin se twee-jarige dogtertjie wakker gemaak.
“Maak daai kind stil of ons sny haar keel af,” het een van die verdagtes gewaarsku.
Nadat die verdagtes die gesin se selfone, geld en skootrekenaar gevat het, het hulle ook die gesin se huis- en voertuigsleutels geneem en hulle met hulle die dood gedreig.
“Ons gaan terug kom en julle dood maak,” was hulle laaste woorde voor hulle te voet gevlug het.
‘n Saak van gewapende roof is by die polisie aanhangig gemaak.
