Local newsNewsSchools

Opvoeding en liefdadigheid is hier die wenkombinasie

Ripple Reading verower tweedeplek by ATKV-Handevat en knap Nooitgedacht Skool op.

Ripple Reading, ’n opvoedkundige welsynsorganisasie van Muldersdrift, is aangewys as die naaswenner van die ATKV-Handevat toekenning vir hul liefdadigheidsprojek by Laerskool Nooitgedacht.

ATKV-Handevat se doel is om skole/opvoedkundige instansies uit bevoorregte gemeenskappe te motiveer om opbouende en volhoubare projekte aan te pak saam met skole uit minderbevoorregte gemeenskappe.

Op 2 Februarie is die wenner aangekondig met Ripple Reading en Nooitgedacht wat albei met R20 000 prysgeld wegstap.

Ripple Reading het ’n leessentrum by Nooitgedacht gevestig, wat ook gefasiliteer word deur Ripple Reading se personeel en vrywilligers vanuit die gemeenskap. Die lapa en tuin is omskep in ’n hulpklas en leestuin. Hoërskool Monument se Graad 10-leerlinge het die onderlaag van die tuinmuur geverf. Hierdie projek word vasberade met die skoolhoof en onderwysers van Nooitgedacht aangepak.

Vanaf links: Chido Chivaura, Mariaan Cloude 'n afgetreede tale lektor, Tlotliso Makobe en Deborah Molotsane.
Vanaf links: Chido Chivaura, Mariaan Cloude ‘n afgetreede tale lektor, Tlotliso Makobe en Deborah Molotsane.

“Ongeletterheid is ’n doodsvonnis vir die hoop en potensiaal van elke persoon wat nie kan lees nie. Ons glo dat ons werk in hierdie leessentrum mense se lewens nie net verander nie, maar ook red. Ripple Reading in vennootskap met Nooitgedacht gee vir hierdie individue ’n lewensvaardigheid, geloof in hulself en hoop vir ’n beter toekoms,” sê Riana Robinson, die projekleier en stigter.

David Fourie, beskermheer van ATKV-Handevat, sê hy is trots daarop om homself te kan vereenselwig met die ATKV-Handevatprojek: “Hierdie projek is vir my die essensie van Ubuntu en ’n inisiatief wat ons Tata Madiba breed sou laat glimlag. Sy groot droom was immers altyd om ’n beter toekoms vir ons kinders te skep deur kwaliteit onderwys”.

Gedurende 2014 is tien projekte goedgekeur deur die ATKV-Handevat en ‘n R3 000 aanvangskapitaal gegee as hupstoot.

“Ons is dankbaar vir elke vrywilliger wat gratis hul tyd en diens geoffer het, dit is ‘n persoonlike opoffering van elke vrywilliger waarsonder die projek nie sou slaag nie. Ons vrywilligers bestaan uit: studente van Unisa, opvoedkundige sielkundiges, afgetrede onderwysers en individue,” meen Riana.

Itumeleng Monyai wat deur Ripple Reading 'n beurs by Jeppe Boys High verower het en tans by UJ swot, verf die muur.
Itumeleng Monyai wat deur Ripple Reading ‘n beurs by Jeppe Boys High verower het en tans by UJ swot, verf die muur.

Ripple Reading is tans besig met ‘n “silver tsunami” projek en benodig afgetrede onderwysers en ander vrywilligers om hul dienste aan te bied. Ripple Reading is ‘n NPO (nie-winsgewende organisasie) en PBO (publieke bemagtigings organisasie) met BEE status, met die fokus op geletterdheid en die ontwikkeling van leierskap.

Blair Atholl Farm School in Hekpoort is in vennootskap met Riana se organisasie om die 2015 ATKV-Handevat te wen.

Die gemeenskap van Krugersdorp kan trots wees om sulke organisasies te huisves. Die wete dat daar steeds mense is wat minderbevoorregtes onder hul vlerk vat, motiveer die news om ook te help waar ons kan. Die prentjie van blydskap en waardering uit ‘n geletterde kind se oë, is uiteindelik die doel.

Riana vertel ook dat beurtkrag gelukkig nie ‘n effek op die organisasie het nie aangesien daar baie uit boeke gelees word.

Vertel ons jou opinie oor wrywillige werk en hoe dit beloon word deur die ATKV-Handevat. Hoe sou jy wou ‘n verskil maak aan Krugersdorp se geletterdheid?

Bellar Gazimane van Heron Bridge College help Letho Magagula.
Bellar Gazimane van Heron Bridge College help Letho Magagula.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button