Local newsNews

Welkom by die News Chantelle

Chantelle is mal daaroor om te skryf oor enigiets wat inspirerend is of wat die leser sal laat glimlag.

Die News is baie opgewonde om vir Chantelle Fourie as ‘n Caxton-kadet te verwelkom.

Chantelle het verlede week by die News aangesluit as ‘n leerling-joernalis wat vir die volgende jaar deel gaan wees van die News se span.

Die amper 20-jarige woon in Krugersdorp-Wes en het haar matriek by Hoërskool Monument voltooi.

Chantelle is mal daaroor om te skryf oor enigiets wat inspirerend is of wat die leser sal laat glimlag.

“As ‘n storie hartseer sou wees, sou ek graag dit wil afrond met ‘n silver lining.”

In haar vrye tyd speel sy graag klavier.

“Ek speel al vir drie jaar en het talle kwalifikasies verwerf. Verder hou ek ook natuurlik baie van skryf en om te verf, wat my grootste uitlaatklep is. Olieverf en ‘n skoon doek is my gemaksone. Ek hou van enige sosiale geleenthede, spesifiek díe wat met kunsvorms te doen het. Ek hou ook van skubaduik. Ek sou graag net gou weer wil gaan.”

Van die tyd wat sy hier by die News gaan spandeer wil sy nie ‘n enkele oomblik mis nie.

“Die ervaring wat ek by Caxton opbou, glo ek sal my ‘n beter joernalis en selfs ‘n sterker mens maak.”

Chantelle glo sy gaan nog diep spore in Krugersdorp trap aangesien die dorp en sy mense haar inspireer.

“Die mense in Krugersdorp is altyd vol energie en lus vir die lewe. Snaaks genoeg, dis veral merkwaardig in armer gemeenskappe.”

Die News wens Chantelle alle voorspoed toe met haar kadetskap en weet sy gaan ‘n groot verskil as joernalis maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button