NewsSchool sportSchoolsSport
Prettige atletiekdag by Kenmare gehou
Verskeie kleuterskole van die omgewing het die dag saam met Laerskool Kenmare se jongstes geniet.
Daar was oral talle opgewonde en opgehelderde gesiggies toe verskeie Gr 00’e en Gr R’e aan Laerskool Kenmare se jaarlikse atletiekbyeenkoms deelgeneem het.
Kleuterskole uit die omgewing soos Kenmare Kleuterskool en Blinksoldaatjies is ook uitgenooi om aan die kleuter-atletiekdag deel te neem en nou eintlik te sien watter kleuterskool lewer die beste atlete op.

Met ‘n glimlag en soms ‘n moeĆ« lyf het die kleuters aan verskeie velditems soos rekspring, verspring, gewigstoot en naelope deelgeneem.
Aan die einde van die naelope het Wouter Immelman, skoolhoof, elke atleet persoonlik met ‘n medalje geluk gewens.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
