Laerskool Protearif bederf Krugersdorp se manne met Manne-Aand
Die skool se Manne-Aand het op 30 Oktober gesorg vir 'n aand van goeie geselskap, lewendige vermaak en heerlike kos.
Laerskool Protearif het die manne van Krugersdorp op 30 Oktober bederf met sy jaarlikse Manne-Aand.
Die News het die geleentheid bygewoon, waar talle mans saamgekuier en die aand se vermaak geniet het.

Volgens Proties-onderwyser Edwin van der Merwe het die program kuier, optredes deur Prop, Ricus Nel en Nastassja, asook ‘n veiling ingesluit.

Een van die hoogtepunte was Ricus Nel se vertolking van Worsie Visser se liedjies, wat volgens Edwin perfek by die vure en gesellige atmosfeer gepas het.

“Hierdie geleentheid skep aan ons ouers en Protie-manne van jare gelede en die hede om saam te kuier. Met die unieke professionele verhoog, klank en beligting, saam met die T-beenbraai en vure, was dit ongelooflik,” vertel hy.
Edwin sluit af dat Manne-Aand ‘n geleentheid is waar mans rustig kan saamkuier en hulself kan geniet, net soos wanneer hulle in hul eie lapa ontspan.
