Local newsNews

Liefde met musiek, geliefdes en happies gevier

Die liefdesvlakke het vir 'n dag by die La Reynette Bejaardesorgsentrum gestyg toe geliefdes die inwoners daar kom besoek het.

Met Februarie wat die maand van liefde is, is dit op ‘n anderste manier by die La Reynette Bejaardesorgsentrum gevier.

Omdat die plaaslike sanger Tersius ‘n liefde vir sang het en terselfdertyd daarvan hou om mense met sy unieke sangtalent te vermaak het hy besluit om aan dié wat nie so bevoorreg is om lewendige musiek optredes te kan bywoon nie, te bederf.

“Ek het deur familie van die bejaardesorgsentrum gehoor en het gevoel dat ek as ‘n sanger en ook as iemand wat daarvan hou om by my gemeenskap betrokke te raak, iets aan die mense in my gemeenskap te kan terug gee.”

Die plaaslike sanger Tersius (middel) het die inwoners van die bejaardesorgsentrum met sy sangtalent tydens 'n spesiale Valentynsdag-funksie vermaak. Hier gee hy vir Dina Hammann 'n bossie blomme.
Die plaaslike sanger Tersius (middel) het die inwoners van die bejaardesorgsentrum met sy sangtalent tydens ‘n spesiale Valentynsdag-funksie vermaak. Hier gee hy vir Dina Hammann ‘n bossie blomme.

Hy het toe Reinet Ridley, stigter van die bejaardesorgsentrum, genader en gevra of hulle daarin sou belangstel.

Sonder twyfel is daar aan die werk gespring. Uitnodiging kaartjies is aan die inwoners en hulle geliefdes gestuur, sodat geliefdes weer vir hierdie dag bymekaar kon wees en kosbare tyd kon verwyl.

Tienke Bosher met van die soet happies wat vir die inwoners en besoekers na buite gedra is.
Tienke Bosher met van die soet happies wat vir die inwoners en besoekers na buite gedra is.

En net om die hongerpyne te stil was daar verskeie soet en sout happies op die tafel uitgesit.

Inwoner Joey Myburgh het die geleentheid saam met haar dogter Sonette, baie geniet.
Inwoner Joey Myburgh het die geleentheid saam met haar dogter Sonette, baie geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button