Misdaad ‘n kishou toegedien
Inwoners het bevestig hulle sien deesdae gereeld die forumlede in Lewisham patrolleer sowel as in Mindalore.
Die gemeenskapspolisiëringforum (GPF) van Sektor 9 wat uit Lewisham en Mindalore bestaan, gaan van krag tot krag.
Tydens die forum se onlangse vergadering by die NG Kerk Lewisham het die visepresident, Derek Cloete, met trots aankonding dat misdaad met 30 persent gedaal het sedert die forum se begin.
Die voorsitter, Leon Ehrke, het vertel dat die lidmaatskap nou al by 100 trek en dat daar groot geesdrif onder die inwoners van Lewisham en Mindalore is oor die skitterende werk wat die forum doen.
Ehrke het bevestig dat hulle besig is met onderhandelinge om radios aan te skaf teen bekostigbare pryse sodat lede altyd in kontak met mekaar kan bly.
Inwoners het bevestig hulle sien deesdae gereeld die forumlede in Lewisham patrolleer sowel as in Mindalore.
Mense wat by die Forum wil aansluit kan Leon Ehrke skakel by 082 785 6816 of 011 955 1667.
