Local newsNewsSchoolsUpdate

Skole reageer op openbare rook in skoolklere

Die gemeenskap meen dat skoolkinders wat rook nie die probleem is nie, en dat daar liefs op die dwelmepidemie in die dorp gefokus moet word.

Serdert die verskyning van die artikel en foto op die News se webtuiste op 29 Januarie van skoolkinders wat in hulle skoolklere in die openbaar rook, is die dorp nog steeds aan die gons oor die voorval.

Nadat verskeie klagtes by die News ingedien is oor die skoolkinders wat skaamteloos staan en (stook)rook oorkant ‘n plaaslike hoërskool, het die News verdere ondersoek gaan in stel.

Die sosiale media platform, facebook, het ook gegons, waar voormalige leerlinge die News op verskeie bladsye soos die Krugersdorp Community Network en die News se eie facebook-blad aangevat het oor die plasing van die foto waar ‘n groep skoolkinders ‘n rokie maak.

Volgens verskeie kommentaar, wil dit voorkom of die rokers in skoolklere die gemeenskap se goedkeuring weg dra en dat die News eerder moet fokus op die dwelmepidemie in die dorp.

Die News het verskeie hoërskole genader vir kommentaar oor hoe hulle die situasie hanteer.

Hoërskool Bastion se bemarkingskakel sê; “Hoërskool Bastion se siening met betrekking tot die rookgewoonte is dat dit ‘n skadelike praktyk is. Daarom ontmoedig ons enigiemand om te rook, en probeer ons, deur sekere strafmaatreëls toe te pas, ook om leerlinge se gesondheid op hierdie manier te beskerm. Volgens die skolewet is dit verbode om op die skoolterrein te rook en daarom hanteer ons leerlinge wat op die terrein sou rook, streng volgens ons gedragskode wat in ooreenstemming met die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas)-riglyne opgestel is,” meen Melitta Geyser.

Verder het die News gaan ondersoek instel by Hoërskool Monument, ‘n skool wat bekend staan vir hulle tradisieryke beeld en voorkoms.

Die bemarkingskakel, Eben Vermaas het ‘n beter insig tot hulle dissipline sisteem gegee.

“Die skool is streng op voorkoms, en leerlinge weet dat hulle gekonfronteer sal word as hulle nie die skool se naam hoog hou ten alle tye nie, binne of buitemuurs.

“Die stappe wat geneem word teen soortelyke oortredinge word op ‘n puntestelsel gemeet, en sluit in detensie, gemeenskapswerk en interne en buite dissiplinêre verhoë.

“Leerlinge se bloktye, toer byeenkomste en selfs herregistrasies word op die spel geplaas.”

In ‘n onderhoud met Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs se skoolhoof, Gunter Bühner, sê hy dat dit nie alleenlik die skool of die ouers se plig is om die kinders op te voed en te dissiplineer nie.

Met ‘n beheerliggaamslid teenwoordig in die kantoor tydends die onderhoud, meen Bühner dat dit die skool se verantwoordelikheid is om leerlinge op te voed, en dat dissipline by die huis begin.

“Die gemeenskap het ‘n verantwoordelikheid teenoor ‘n uitgerafelde jeug, die gemeenskap dien as rolmodelle vir die jeug. Dit is ‘n groot uitdaging en die verantwoordelikheid lê by almal.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button