Local newsNewsSchools

Skoolmeisies knyp omdat toilette te vuil is

Meisies by 'n plaaslike hoërskool moet staan en knyp terwyl rokers die walglike badkamers as 'n rookkamer misbruik.

Skoolmeisies van ‘n bekende hoërskool in Krugersdorp knyp tot na skool omdat die kleedkamers by die skool glo in ‘n walglike toestand is.

Ouers van die meisies beweer alhoewel daar reeds by die skool daaroor gekla is, word daar eenvoudig niks aan die toilette se toestand gedoen nie.

Behalwe dat die toilette as ‘n rookkamer misbruik word, kla ander meisies dat hulle soos asbakkies ruik wanneer hulle daar uitkom en dan bang is dat onderwysers hulle as rokers sal brandmerk.

Die toiletsitplekke dop af, is gebreek en een toilet het nie eers ‘n sitplek nie.

Toiletpapier word orals op die vuil vloere gestrooi – dit is wanneer daar wel toiletpapier beskikbaar is.

Daar word beweer dat net een badkamer gedurende pouses oopgesluit word wat dan deur die hele skool se meisies, rokers en nierokers gebruik moet word.

Gedurende klastyd word al die kleedkamers gesluit en die sleutels word in die kantoor gehou.

Van die toiletdeure kan nie eers toemaak nie, en die meisies moet dan iemand vra om die deur van buite toe hou, of dit self met hul voet toedruk terwyl hulle probeer om die toilet te gebruik.

Die sitplek van die toilet is nie eers aan die bak vas nie.
Die sitplek van die toilet is nie eers aan die bak vas nie.

Die News het die hoërskool geskakel vir kommentaar oor die klagtes wat ontvang is.

“Ons is bewus van die probleem en werk beslis daaraan,” bevestig Melitta Geyser, hulle mediaskakelpersoon.

Sy verduidelik in ‘n epos dat siende dat die skoolgebou aan die staat behoort, die staat verantwoordelik is vir die opgradering van sekere fasiliteite.

“Hulle het aan die einde van verlede jaar begin om ons kleedkamers op te gradeer maar is nog nie klaar nie. Ongelukkig het die kontrakteurs wat die werk moes doen, halfpad deur die projek gedros. Daar is gevolglik ‘n oponthoud totdat nuwe kontrakteurs aangewys word.”

Die News beoog om op hoogte te bly van die toestand van die toilette.

“Ons gee ook in ons nuusbrief weekliks aan ons ouers ‘n vorderingsverslag sodat hulle weet waar ons staan.”

Sal jy jou kind so 'n toilet laat gebruik?
Sal jy jou kind so ‘n toilet laat gebruik?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button