NewsSchools

Prettige atletiekdag by Protearif

Die nuwe Graad R-klaskamers is met 'n prettige atletiekdag ingewy.

Vir ‘n dag lank kon Graad R-leerlinge van Laerskool Protearif soos regte atlete voel toe ‘n prettige atletiekdag met verskeie baan- en velditems vir hulle gehou is.

Marlise Koekemoer, ‘n onderwyseres het gesê dié dag, wat nou moontlik ‘n jaarlikse instelling gaan word, is gehou om die vier nuwe Graad R-klaskamers in te wy.

Reanli Schutte hou daarvan om die wêreld van haar pa Martin se oogpunt te aanskou.
Reanli Schutte hou daarvan om die wêreld van haar pa Martin se oogpunt te aanskou.

Hierdie jaar se sowat 72 Graad R-leerlinge is die eerste leerlinge wat onderrig in hierdie klaskamers kry nadat bouwerk einde verlede jaar daaraan voltooi is.

Voor die pret van die dag begin het, is rooi en geel helium-gevulde ballonne die lug ingestuur nadat leerlinge en onderwysers die linte in die kleur van hul onderskeie klasse blou, rooi, groen en geel gesny het.

Daarna is leerlinge na die Protie Park, die skool se sportveld, waar hulle aan verskeie aktiwiteite soos gewigstoot, spiesgooi, hekkies en hoog- en verspring deelgeneem het terwyl ouers en ander familielede toegekyk en heerlik saamgekuier het.

Medaljes en ‘n waterbottel is ook aan elke leerling wat tydens die naellope deelgeneem het, oorhandig.

Hier het Giselle Steyn en Bianca Cilliers se senuwees begin knaag toe dié kameel gaan plat lê het na afloop van hulle rit.
Hier het Giselle Steyn en Bianca Cilliers se senuwees begin knaag toe dié kameel gaan plat lê het na afloop van hulle rit.

Na al die harde atletiekitems kon leerlinge hulself met ‘n heerlike roomys, koeldrank of ander lekkernye wat by die stalletjies te koop aangebied was, bederf.

Vir die waaghalsiges was daar twee kamele waarop leerlinge en hul gesine kon ry.

Wian Killian probeer met hierdie kameel vriende maak.
Wian Killian probeer met hierdie kameel vriende maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button