CrimeLocal newsNews

Kwaaddoeners maak familiehond dood

'n Gesin se troeteldier is dood in hul blombedding gevind na talle dreigemente.

‘n Gesin is woedend na hul vierpotige troeteldier moontlik deur kwaaddoeners in hul kompleks vergiftig is.

Nadat Amanda Homann ‘n laaste dreig Whatsapp-boodskap op ‘n Saterdagaand ontvang het oor haar geliefde hondjie Bubbles, het sy huistoe gejaag en haar troeteldier in ‘n blombedding dood aangetref.

Homann het verskeie anonieme dreigemente in die vorm van briefies op haar hek en boodskappe ontvang alhoewel hulle in ‘n troeteldier-vriendelike kompleks in Noordheuwel woon.

“Ek gaan die hond uit die lewe help” en “ek gaan nog ‘n plan maak met die hond,” is van die dreigemente wat hulle oor die laaste paar maande ontvang het.

Die boodskap wat Homann dié Saterdagaand ontvang het, het gevra of hulle tuis is omdat die hond glo ‘mal’ aangaan. Die gesin het onmiddelik huistoe gejaag.

Toe hulle by die huis kom was Bubbles nie waar sy altyd is nie, maar het eerder dood met skuim wat by haar bek uitkom in die tuin gelê.

“Bubbles het soveel vreugde vir ons familie en vriende gegee,” meen Wendy Erasmus, ‘n familie vriend.

Die gesin het die 10-jarige Bubbles na die DBV geneem waar ‘n nadoodse ondersoek sal bepaal waaraan die geliefde troeteldier dood is.

Daar word verder beweer dat nog twee ander honde in die kompleks ook vergiftig was.

Die gesin het ‘n sterk vermoede wie Bubble’s vergiftig het en beplan om ‘n saak by die polisie te open vir dieremishandeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button