CrimeNewsSchools

Skooltas-dief teiken laerskole

'n Skooltas sindikaat gebruik twee jong seuns om tasse by verskeie laerskole in Krugersdorp te steel.

Ouers en skoolkinders word gewaarsku dat daar ‘n skooltas-sindikaat in Krugersdorp bedryf word.

Daar word, na bewering, ‘n handjie vol tasse elke dag by verskeie laerskole in Krugersdorp gesteel deur ‘n middeljare vrou.

Die tasse word by die skole gedurdende die oggende en middae gesteel wanneer daar baie beweging by die skole is.

Die vrou en haar twee seuns was onlangs op geslote kringtelevisie kameras opgeneem waar hulle hulle voertuig by ‘n skool stil hou. ‘n Seun, wat in ‘n Laerskool Muldersdrift uniform gekleë is, het na die tasse op ‘n aantreeblok toe beweeg.

‘n Ander ma het toe die seun aangevat nadat hy na die voertuig oppad was met die tas.

Die seuntjie het dadelik die tas neergesit en na die voertuig beweeg waar sy ouer broer gesit en wag het.

‘n Leerling het ook by die kantoor gaan aanmeld dat ‘n verdagte ‘tannie’ by die skoolsaal rond gestaan het en haar hare gekrap het, toe haar pruik skielik skeef hang.

Verskeie foto’s van die vrou wat betrokke is bewys dat sy verskillende pruike dra en soms twee maal na dieselfde skool terugkeer in een oggend.

Daar was selfs van die kinders se gesteelde boeke by Kroningspark gevind, wat aandui dat die vrou en haar twee seuns nie alleen hieraan werk nie.

Dit is bevestig dat Laerskole- Kenmare, Krugersdorp-Noord en Muldersdrift se leerlinge onlangs die teikens van die sindikaat geword het.

Kenmare se hoof het reeds ‘n saak van diefstal by die Krugersdorpse polisie geopen.

Daar word ook beweer dat die boeke van die skoolkinders uitgesmyt word en die tasse met die skoolbenodighede vir goedkoop herverkoop word.

Die News wag nog vir kommentaar vanaf die woordvoerder oor die voorval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button