EntertainmentLifestyleLocal newsNews

VIDEO: Parow vir president of hoe?

Dit was pret, pette en Parow in Krugersdorp want die 'Cooler as ekke' koning was in die dorp.

Key West winkelsentrum was oorval met zef-liefhebbers en hulle lang pette wat van alle hoeke van die Wes-Rand gekom het om die rap legende, Jack Parow in lewende lywe te aanskou.

Tussen die jong aanhangers was daar ook ‘n handjie vol ouer aanhangers wat by die amfiteater bymekaar gekom het vir ‘n middag van pret, pette en Parow.

Die opkommende rockgroep van Randfontein, Scarlotte Will, het die gesellige geleentheid geopen voordat Parow, wie ook bekend is as ‘Oom Snor’, die verhoog na nuwe hoogtes geneem het.

Die optrede het op ‘n akoestiese noot afgeskop en vinnig die gehoor op hulle voete gehad met Parow se gunstelinge soos Cooler as ekke, Hosh Tokolosh en die liedjie wat Nicolous Louw se loopbaan ‘n hupstoot gegee het onder die jongmense, genaamd Hard partytjie hou (sien video — waarskuwing: eksplisiete taalgebruik).

Skare het gejuig toe Parow terug keer na die verhoog nadat hulle heeltyd vir meer gevra het.

Na ‘n baie opwindende optrede het Parow ‘n tydjie afgestaan om met die News agter the verhoog te klets.

Die News het Parow gevra om die definisies van die volgende woorde te gee:

• Awe – “Awe, is maar ‘n slang-woord wat se herkoms van die branderrykultuur afkomstige is en wat hallo beteken. Dit word ook gebruik as jy met iets saam stem.”

• Tappet – “Wel ek word baie tappet genoem.”

• Zef – “Dit is baie dieselfde as tappet. Die oorsprong van die woord zef kom van die ouens wat die Ford Zeffer’s gery het.”

2015 is vir Parow ‘n ‘collaboration’ jaar waar hy beoog om met verskeie opkommende kunstenaars saam te werk om nuwe en vars klanke te skep.

“Die kunstenaars is nog nie vasgestel nie, ek sal dit eerder geheimsinnig hou,” spot Parow.

Die besige reisrot vertel hoe hy die land op en af toer en dat hy die einde van die maand in Johannesburg gaan wees vir die South African Film & Television Awards (Safta’s). Hy gaan daarna ‘n optrede saam met ‘n Rebirth, ‘n metalgroep van Soweto by die Coke ateljee doen en dan ‘n spesiale optrede op Skyroomlive.com waar aanhangers in kan skakel en deelneem aan ‘n vraag en antwoord sessie op die webblad.

Parow het ook die geskiedenis agter sy kenmerkende lang pet verduidelik.

Jack Parow en Loki Rothman gaan akoestiek.
Jack Parow en Loki Rothman gaan akoestiek.

“Ek dra nog altyd pette en het toe besluit om die hoed langer te maak omdat dit skreeusnaaks sou wees. En toe was dit koel.”

Hy meen daar is geen dieper betekenis agter die tiervelpet nie, behalwe dat dit pret is.

Parow se aanhangers kan een van die dae ook sy nuwe boek koop.

“Die boek bestaan meestal uit lirieke en vertel waar ek op die oomblik in my lewe is.”

Die News het Parow gevra wat hy dink van die spektakel van die politiek die afgelope tyd en of hy nie eerder wil staan vir president nie?

“Dit is net pleinweg ‘n wonderlike idee,” skerts hy.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button