Local newsNewsSchools

Twee se harde werk beloon

Xena en Dewald het elk R500 vir hul puik prestasies ontvang.

Twee leerlinge van Edublox Krugersdorp is as finaliste van die landswye Leerder van die Jaar 2014 kompetisie uitgewys.

Xena Lee Gouws en Dewald Botha het elk ‘n prys van Edublox se eienaar Nicolene Potgieter ontvang vir hulle prestasie.

Edublox Krugersdorp is ‘n lees- en leerkliniek waar kinders die basiese vaardighede van lees geleer word om hulle te help om beter te leer.

“As ‘n mens enige iets leer moet ‘n mens basiese vaardighede hê. Byvoorbeeld,om hokkie te speel moet jy eers ‘n paar basiese vaardighede hê. Jy moet vinnig kan hardloop, jy moet weet hoe om die hokkiestok vas te hou en jy moet weet hoe om die bal te slaan. Jy moet al hierdie basiese vaardighede goed kan doen en gelyktydig kan doen om te kan hokkie speel,” sê Nicolene.

Dewalt Botha het sy prys by sy skool, St Vincent School of the Deaf, ontvang.
Dewalt Botha het sy prys by sy skool, St Vincent School of the Deaf, ontvang.

“Net so is dit met lees. Jy moet ‘n paar basiese vaardighede hê om te kan lees, soos persepsie, konsentrasie, logiese denke en geheue. Jy moet al hierdie vaardighede baie goed kan doen en gelyktydig kan doen om te kan lees. Ons leer die kinders by Edublox hierdie basiese vaardighede van lees so goed dat dit geoutimatiseerd is. Daarom kan ons kinders mettertyd beter lees en begin beter leer, en presteer dan op skool. Ons bied ook Wiskunde-klasse en Studiemetodes aan. Ons begin binnekort ook met ‘n oorbruggings-tuisskool.”

Xena en Dewald het elk R500 vir hul puik prestasies ontvang.

Hulle prestasies is die gevolg van harde werk en toewyding in die Edublox-klasse en goeie vordering in hul skoolwerk.

“Ons is baie trots op die werk wat ons doen. Ek is ook trots op Schanece Gravett en Joline Smuts,die twee baie toegewyde en passievolle tutors wat ons klasse aanbied,” sê Nicolene.

Baie geluk aan hierdie twee leerlinge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button