Local newsNews

Fondsinsameling vir seun wat sterf

Jaco Jordaan en sy gesin was twee weke gelede betrokke in 'n ernstige ongeluk op die R563 Hekpoortpad van waar die voertuig opgefrommel is.

‘n Fondsinsameling word vanaand gehou om die Jordaan-familie finansieël by te staan na die skielike dood van hul oudste seun Jaco oor die naweek.

Jaco en sy gesin was meer as twee weke gelede in ‘n ernstige ongeluk betrokke toe hy, sy ma Rina, pa Gerhard en jonger boetie Gerrie na ‘n sportdag by Laerskool Protearif onderweg was.

Die opgefrommelde wrak waarmee die Jordaan gesin verongeluk het. Foto: ER24
Die opgefrommelde wrak waarmee die Jordaan gesin verongeluk het. Foto: ER24

Volgens inligting het die pa vir ‘n ander voertuig, wat voor hom op die R563 Hekpoortpad ingedraai het, probeer uitswaai toe die ongeluk oorkant die skool plaasgevind het.

Die ander voertuig het na bewering van die toneel weggejaag.

Boebie Jubber, ‘n motorfietsryer het gesê die fondsinsameling word gehou om te wys dat motorfietsryers van die dorp graag by hulle gemeenskap betrokke is.

“Ons wil die familie in hierdie moeilike tyd bystaan en hoop dat die gemeenskap ons hiermee sal kan help.”

Jaco is op Saterdag 28 Maart tydens ‘n operasie oorlede.

Die fondsinsameling vind vanaand om 7nm by die Champions Sports Bar op 151 Albertina Sisuluweg (voorheen Hoofrifweg) in Lewisham plaas.

Vir meer inligting bel Jubber by 082 295 6252.

Jaco Jordaan was so goed besig met sy herstelproses dat hy selfs video speletjies kon speel. Foto: Verskaf
Jaco Jordaan was so goed besig met sy herstelproses dat hy selfs video speletjies kon speel. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button