Local newsNews

Ongemerkte spoedhobbel eis lewe

'n Jong man op sy motorfiets verloor sy lewe in Blommensteinstraat as gevolg van 'n ongemerkte spoedhobbel.

‘n Ongemerkte spoedhobbel was deel van die oorsaak dat ‘n jong man sy lewe in die vroeë oggendure van 29 Maart in Krugersdorp-Noord verloor het.

Die lede van die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het net voor 1vm op dié Sondagoggend by die ongeluk, wat in Blommensteinstraat plaasgevind het, opgedaag.

Op aankoms van die toneel het nooddienste en paramedisie die 25-jarige motorfietsryer dood verklaar.

Daar word beweer dat die motorfietsryer die ongemerkte spoedhobbel met so ‘n spoed getref het dat sy motorfiets vooroor omgekeer het en hom getref het waar hy toe opslag dood is.

Die motorfietsryer is as Christoff van Wyk geidentifiseer, wie vir die afgelope drie jaar vir EPR Sekuriteit Wes-Rand in hul tegniese afdeling gewerk het.

EPR het op hulle Facebook-blad hulle meegevoel gedeel aan wyle Van Wyk se familie en hom as ‘n hardwerkende en nederige mens beskryf.

Die boodskap lees asvolg: “Ons innige simpatie en meegevoel aan die familie en vriende van Christoff van Wyk wat in die oggendure van Sondag oorlede is na ‘n motorfietsongeluk. Christoff was werksaam in EPR se tegniese afdeling en sal onthou word as ‘n jong man wat altyd bereid was om te help waar hy kon. Rus in vrede Christoff – van jou kollega’s en bestuur van EPR.”

Die News is besig om ondersoek in te stel rakende die spoedhobbel, wat tydens die ongeluk ongemerk was en wat vermoedelik onlangs in die straat opgerig is, wat bygedra het tot die jong man se dood.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button