Local newsNews

Vermiste vrou van amper twee jaar gevind

Sy het soos elke oggend vir werk aangetrek en dan haar ma en drie kinders gegroet – maar dié keer het sy nie van werk terug gekeer nie.

‘n Ma van Pinehaven wat meer as ‘n jaar en ‘n half gelede as vermis aangemeld is, is veilig in ‘n skuiling in Johannesburg gevind.

Die News het verlede jaar berig oor die raaiselagtige verdwyning van Michelle Julius, 44, wat elke oggend vir werk aangetrek het voordat sy haar ma en drie kinders gegroet het, ‘n werk wat haar familie later moes uitvind sy reeds maande tevore al verloor het.

Op 31 Oktober 2013 het sy weer dieselfde roetine gevolg, maar toe net nooit weer terug huistoe gegaan nie.

Nadat haar ma, Maggie Marks, haar werkgewer gekontak het om te hoor of hulle dalk enige inligting het oor waar sy haar dalk kan bevind is sy ingelig dat haar dogter maande tevore afgedank is.

Die omstandighede rondom Julius se terugkeer huis toe is nie in detail deur die Krugersdorp Polisie se Speurtak bekend gemaak nie.

• Onthou daar is geen ‘n wagtydperiode om ‘n persoon as vermis by die polisie aan te meld nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button