Local newsNewsUpdate

Ouers praat oor seun se spoedhobbel dood

Nadat 'n ongemerkte spoedhobbel hulle seun se lewe eis, beloof sy ouers om dit nie daar te laat nie.

Serdert die tragies dood van Christoff van Wyk (25) op 29 Maart, beloof sy ma en stiefpa om die saak nie daar te laat nie.

Van Wyk het in Blommensteinstraat in Krugersdorp-Noord in die vroeë oggendure met sy motorfiets ‘n ongemerkte spoedhobbel getref en in die lug getuimel na sy dood.

Daar word beweer dat die impak van sy motorfiets op sy lyf die oorsaak was dat hy opslag dood is.

Lynette en Japie Herbst het met die News gesels om hulle verdere stappe te bespreek.

Die gesin is steed in skok na die ongeluk en blameer die stadsraad se nalatigheid vir die oorsaak van hulle geliefde seun se dood.

“Daar is geen verskoning vir die ongemerkte spoedhobbels nie,” meen ‘n gebroke Lynette.

Die spoedhobbel is volgens inwoners van die straat sowat twee weke gelede opgerig, maar die nodige padtekens en waarskuwings is nie aangebring nie.

Die News weet dat hierdie spoedhobbels nie die enigste ongemerkte hobbels in die dorp is nie.

“Niks gaan hom terug bring nie,” treur sy ma, maar beloof om die saak verder te neem om te verhoed dat nog ‘n lewe deur ‘n spoedhobbel geeis word.

Japie het reeds die spoedhobbel se afnemings neergeskryf en beoog om die saak verder te ondersoek.

Die paartjie gaan ook na die roudiens, wat vandag 2 April plaasvind, regsadvies kry om hulle met die ondersoek te help.

Van Wyk was as ‘n baie oulike, goedhartige en vrygewige kind deur sy ma beskryf.

Hy het altyd gesê, “Mamma ek gaan eendag twee huise hê, een vir my en my vrou en ‘n ander vir die arme mense. Hy het nooit eers daarby uit gekom nie,” sê sy ma met trane in haar oë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button