Local newsNews

‘n Prettige Paasfees pretdag

Paaseiers, pret en 'n ponie het deel gevorm van 'n bederfdag die minderbevoorregte kinders van die gemeenskap.

‘n Ponie, Paaseiers en hope pret was die tema van die Chef School for Food and Wine se Paasfees pretdag vir minderbevoorregte kinders.

Die studente van die kookskool in Krugersdorp-Noord het die pretdag by die Lucky Luke plot in Krugersdorp aangebied. Op aankoms by die geleentheid het sowat 70 kindertjies met geverfde gesiggies op die speelgrond baljaar.

‘n Pragtige ponie met die naam Pegasus het die partytjiegangers met ponieritte vermaak terwyl ‘n groep kinders saam met die studente gesing en dans het.

Speletjies en die speelpark het gesorg vir genoeg oefeninge en vermaak nadat die kinders hulle magies propvol geëet aan die verskeie lekkernye en heerlike happies wat deur die kookskool bedien was.

Daar was ook ‘n Paaseierjagtog wat kinders na elke hoek en draai van die plot gelei het opsoeke na sjokolade Paaseiers.

Vir middagete het die kinders lekker saam met die studente gebraai.

Studente en vrywilliges het die dag saam met die kinders geniet en selfs nuwe maats gemaak.

“Ek wil net baie dankie sê vir almal wat deel gedra het aan die bederfdag, asook al die borge wat dit vir ons moontlik gemaak het,” bedank JP Ysselsteyn, een van die studente wat die spesiale dag gehelp organiseer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button