Local newsNewsSchools

Armand se lewe is ‘n lied

Binnekort sal Armand die wêreld sien saam met die Drakensberg Seunskoor.

‘n Krugersdorpse seun se drome was verlede jaar bewaarheid toe hy keuring gekry het om by die Drakensberg Seunsskool aan te sluit om sy vokale talente na nuwe hoogtes te neem.

Nadat die Drakensberg Seunskoor hulle jaarlikse werwingstoer gedoen het in Krugersdorp, was Armand Kriel as een van 40 suksesvolle kanidate landwyd aangewys.

Maar so maklik soos dit was dit nie, Armand moes in ‘n openaweek ‘n besoek aan die unieke skool aflê waar hy nog ‘n klanktoets moes slaag en ‘n Wiskunde en Engelse eksamen aflê.

Omdat die skool so ‘n besige skedule aanbied, aanvaar hulle net top akademiese presteerders.

Voordat Kriel sy oë kon uitveë het hy aan die begin van Januarie by die skool aangesluit.

“Ek het nog altyd daarvan gehou om te sing,” vertel Armand wat al vanaf Graad 1 in ‘n koor gesing het.

Met ‘n suprano 1 stem, die hoogste noot, vertel die amperse 12-jarige sanger hoe hard hy werk om sy konsertstatus te werf wat uit 25 toetse bestaan.

Die slaagsyfer vir hierdie toetse is niks minder as 100 persent en moet herhaal word totdat die syfer bereik word.

Sedert Januarie het hy al 15 geslaag, en sien daarna uit om die status te behaal sodat hy by die Drakensberg Seunskoor kan aansluit.

“Ek sien uit daarna om op internasionale platforms saam met die koor op te tree.”

Die seuns draf klas ses dae ‘n week, tree op weekliks, en moet kwartaaliks ook aan ‘n sport deelneem.

Armand wat vir die skoolvakansie weer by die huis kuier vertel dat alhoewel hy sy ouers mis, het hy ten minste ‘n selfoon sodat hy hulle enigetyd kan bel. Passop wêreld, hier kom Armand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button