NewsSchool sportSchoolsSport

Bastion-atleet se weghol-sukses

Die matriekleerling van Hoërskool Bastion hou haar skool se naam hoog.

Kaelynn Swart, ‘n matriekleerling van Hoërskool Bastion, het gedurende die skoolvakansie in Rustenburg aan die SA Atletiekkampioenskappe deelneem.

Kaelynn het ‘n tweede plek tydens die Gauteng Atletiek Skolekampioenskappe in die 400m vir dogters onder 19 behaal, asook ‘n eerste plek tydens die Gauteng Atletiek Klubkampioenskappe in die 400m vir dogters onder 19.

Kaelynn Swar_584584057

 

Sy is ook tydens die PUK Atletiekbyeenkoms in Potchefstroom as die Victrix Ludorum van die byeenkoms aangewys, nadat sy die rekords in die 100m, 200m en 400m geslaan het.

Kaelynn se afrigter, Dirk Uys is baie trots op haar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button