EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Die Penkoppe wen ‘n Ghoema

Die orkes is lekker besig en daar is reeds sprake van ‘n volgende CD of DVD.

Die Penkoppe boereorkes het tydens die onlangse Ghoema-toekenningsgeleentheid die prys vir die Gewildste Boeremusiek-album huis toe geneem. Die Penkoppe se nuutste CD, Lekker man lekker, is vir twee Ghoema-toekennings genomineer. Dié spoggeleentheid het op 24 Maart in die Staatsteater in Pretoria plaasgevind.

Dit is vir die Penkoppe ‘n groot voorreg om tydens hierdie spoggeleentheid as die Ghoema-wenners aangewys te word en is die tweede keer dat die jong musikante ‘n Ghoema-toekenning ontvang vir ‘n album.

Hulle is ook genomineer in die kategorie Groep van die Jaar en het meegeding met bekendes soos Adam, CH2 en die Heuwels Fantasties.

“Om in dieselfde asem genoem te word as bogenoemde groepe is ‘n groot eer en voorreg. Dit was weereens vir ons ‘n belewenis om die ‘blou tapyt’ te deel met bekendes soos Bobby van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Eden en Riana Nel, om net ‘n paar te noem. Wat vir ons die lekkerste van alles is, is om te kan sê dat ons van Krugersdorp afkomstig is,” het hulle gesê.

Die orkes is lekker besig en daar is reeds sprake van ‘n volgende CD of DVD.

“Hou ons dop of bespreek ons vir ‘n Lekker man lekker opskop. Ons bedank ook graag almal wat ons so getrou ondersteun.”

Vir besprekings, skakel Antonie Marais by 082 928 1124.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button