Local newsLocal sportNewsSport

Met dapper en stapper

Elke maand word heerlike staproetes aangebied – kom sluit gerus aan.

Die Krugersdorpse Stapklub skop die naweek hulle herfsstaproetes af op ‘n hoë noot.

Die roete Kingskloof word vir 11 April beplan.

Die roete lê grotendeels agter die berg, naby Oaktree. Toegangsgeld is R30 per persoon en motors word veilig binne die hek parkeer. Daar word eers in die rigting van die berg gestap, maar al lyk dit aanvanklik ver, is dit ‘n maklike gelyk stap, verby ‘n plaasdam waar daar ook kleedkamers is. Daar word al langs die spruitjie na die berg se kant toe tot by die waterval gestap. Dit is werklik ‘n fantastiese roete en ‘n plesier om te stap, maar daar is op pad geen bome as skuiling as dit baie warm sou word nie. Water en ‘n hoed sal dus baie noodsaaklik wees.

Vir 9 Mei word die roete by Shelter Rock beplan.

Shelter Rock (Fouriesrus) is aan die hange van Magaliesberg op privaat grond, omtrent 55km vanaf Krugersdorp in die Skeerpoort-rigting net verby Hekpoort.

Die rots waarna in die naam verwys word en ander is deur weerlig op die kruin van die berg losgeruk. Die enigste Knopkiere Gholfbaan in die wêreld is hier geleë. Dit is werklik ‘n pragtige roete. Daar word teen die berg uit gestap, tot op die kruin vanwaar die mynhope van Krugersdorp op ‘n mooi skoon oggend gesien kan word. Die uitsig is asemrowend mooi, selfs ‘n gedeelte van die Hartbeespoortdam is sigbaar.

Daar word ook baie gemaklik op die kruin gestap, en met die afstap is dit effens steil, maar nêrens gevaarlik nie. Na die tyd word daar gewoonlik ook ‘n heerlike braai geniet.

Stappers vergader by Heritage Square op die hoek van Cecil Knight- en Viljoenstraat om 7.15vm.

Vir verdere besonderhede kan Lu by 083 235 1958 of Phillip by 083 788 4555 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button