
Net sowat 500 meter van die Krugersdorpse polisiestasie is die nuwe speelplek vir misdadigers by Binnelandsesake.
Sosiale media het behoorlik gegons toe inwoners op Facebook hulle frustasies oor die misdade wat helder oor dag daar plaasvind, uitgehaal het.
Dit wil byna voorkom of dit ‘n moontlike sindikaat is wat hier bedryf soos wat verskillende slagoffers se weergawes ooreenstem.
Die News is bewus van twee slagoffers wie se duur selfone by Binnelandsesake gesteel is.
Sowat ‘n maand gelede het ‘n inwoner, wat liefs anononiem wil bly, na Binnelandsesake gegaan om foto’s te laat neem vir sy troukontrak.
In een van die fotohuisies was hy met ‘n geweer aangehou en van sy selfoon en beursie beroof.
Hy het dadelik na die polisiestasie gegaan om die insident te raporteer, maar die polisie het byna 45 minute later eers gereageer.
Die man wat die foto’s neem het aan die polisie gesĂȘ dat hy weet wie die boef is en hulle na die taxi staanplek verwys waar hulle met een van die boewe se vriende in aanraking gekom het.
Die vriend het die boef gebel en probeer onderhandel om die selfoon terug te bring, en beloof dat die klag van diefstal dan ontrek sal word.
Die boef het blatant geweier en die slagoffer was minus R3 000 kontant en sy selfoon ter waarde van R15 000 ‘n dag voor sy troudag.
Hy meen dat die polisie gesĂȘ het dat hulle weet van ‘n groep wat die area teiken en dat hulle nie veel daaraan kan doen nie.
In ‘n ander geval vertel nog ‘n slagoffer dat sy R10 000 selfoon uit sy broeksak gesteel was toe hy terug geloop het vanaf ‘n fotohuisie na die kantore.
Hy het eers agtergekom dat sy selfoon uit sy broeksak uit verdwyn het nadat ‘n verdagte baie naby aan hom in die straat geloop het en hom toe ‘perongeluk’ gestamp het.
Uit desperasie het hy ander voetgangers gevra of hulle iets gesien het en het selfs ‘n beloning aangebied vir die een wat vir hom meer inligting kan gee, maar sonder enige geluk.
Die News het die polisie gekontak vir kommentaar rakende die styg van misdaad by die Binnelandsesake wat in ‘n opvolg artikel sal verskyn.
Was jy al ‘n slagoffer van misdaad in hierdie gebied, laat weet ons onder in die kommentaarboks.
