CrimeNews

Skoot klap by gewilde winkel

'n Verdagte vlug met 'n pakkie kruideniersware oomblikke voor 'n skoot afgaan.

‘n Verdagte wat homself as ‘n kliënt vermom het, het op Sondag 5 April ‘n maandjie vol kruideniersware by ‘n bekende plaaslike handelaar probeer steel.

Hy het die kruideniersware by die kassier laat oplui en in ‘n sakkie laat pak oomblikke voordat hy te voet gevlug het.

Toe die kassier hom vra vir die geld het hy die pakkie gegryp en by die deur uitgehardloop.

Die kassier het gegil wat ‘n sekuriteitswag op sy spore geplaas het.

Met die probeerslag om te vlug het die verdagte die pakkie laat val en ‘n mes op die sekuriteitswag gerig.

Die sekuriteitswag het ‘n waarskuwingsskoot in die grond geskiet, voordat hulle hom gevang het.

Lede van die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum en die polisie was na die toneel uitgeroep.

Die verdagte was kort daarna aan die polisie op die toneel oorhandig.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button