Local newsNews

Wie is die Hekpoort Heksie?

Die Hekpoort Heksie openbaar haar groot geheim agter haar noemnaam.

So klein entjie buite Krugersdorp woon daar ‘n interessante tannie wat smaaklike konkonsie optower.

Katy van Wijk, beter bekend as die Hekpoort Heksie, woon op ‘n pratige plot in Hekpoort waar sy rissies kweek en brou. Die kos fundi se beroemde rissiebrousel het begin toe daar ‘n oormate van rissies in ‘n boom in haar tuin gegroei het.

Omdat sy sterk daaraan glo om nie kos te mors nie, het sy besluit om rissiesous te brou vir familie en vriende.

Min wetend dat haar rissiesous so op aanvraag sou wees dat sy nie kon bybly nie, het sy besluit om dit te begin verkoop.

“Die rissies het vinniger as my besigheid gegroei op ‘n stadium,” spot Katy.

Intussen het sy die bynaam van Hekpoort Heksie gekry en haar rissiesouse reeks uitgebrei na verskeie ander produkte en selfs ook ‘n restuarant.

Die naam was geinspireer omdat sy soos ‘n heksie voel wanneer sy oor die warmpotte staan en haar sous brou.

Sy verduidelik ook dat alhoewel sy Engels spreukend is, het sy die Afrikaanse naam gekies omdat haar voorvaders van Nederland afkomstig is.

Haar liefde vir kook is te danke aan haar ma wat haar al die basiese beginsels van kosmaak geleer het.

Met al die nuwe uitbreidings van haar besigheid spot sy, “Ek het soms te veel ysters in die vuur.”

Haar gunsteling dus is Spaghetti Bolognaise of a Spaanse Paella, met ‘n lekker rock shandy in die hand.

Sy vertel dat haar gunsteling krui om in die kombuis te gebruik koliander en basilie is en alhoewel sy nie juis ‘n soettand het nie, kan sy nooit nee sĂȘ vir ‘n appelpasty nie.

Haar wenresep in die kombuis is eenvoudig, “Ek kook my hart uit”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button