Vyf leerlinge van Curro Skool in Krugersdorp het onlangs met sakke vol toekennings weggestap by ‘n nasionale kompetisie.
Die Talent Africa nationale kompetisie het plaasgevind by die Roodepoort Pro-Musica Ouditoruim vanaf 24 Maart tot 28 Maart.
Hierdie leerlinge se uitstaande optredes het gesorg dat hulle Suid-Afrika sal verteenwoordig in New York om deel te neem aan Talent America, die Internasionale rondte van die kompetisie vanaf 5 tot 17 Junie.
Hierdie sterretjies het hulle Gauteng kleure, SA kleure, sertifikate en die volgende medaljes en toekennings ontvang:
• Kiara Hurter (Graad 2)
12 Goue Medaljes (8 drama, 4 model)
7 Silwer Medaljes (3 drama, 4 model)
1 brons (dans)
• Leandro Pieterse (Graag 5)
10 Goue Medaljes (drama)
4 Silwer Medaljes (drama)
• Nianca Kempenaar (Graag 5)
13 Goue Medaljes (5 drama, 8 model)
11 Silwer Medaljes (8 drama, 3 dans)
3 brons (dans)
Nianka wen ook derde plek in die Overall Modelling kategorie ouderdom 9-11 en word ook gekies vir die Showcase.
• Zander von Gordon (Graag 5)
6 Goue Medaljes (drama)
2 Silwer Medaljes (drama)
• Zean Pieterse (Graag 1)
7 Goue Medaljes (drama)
2 Silwer Medaljes (drama)
1 Brons Medalje
Zean wen ook derde plek in die toneel kategorie vir die ouderdom van 5-7 jaar verwerf.
Hierdie vyf leelinge was deel van groep wat aangewys was as die beste junior groep vir die kompetisie.
“Hulle karakters het gewissel van Toy Story na Ninja Turtles na Munchkins tot Smurfies. Daar was meer as een laaste keer en na die 13 ure maraton kleedrepitiesie was alles gereed. Harde werk betaal en hulle het bewys dat ACT kan hulle baie goed doen. Ek is trots om te sê hulle is deel van my studio,” vertel Linda Theron
Hierdie studente is deel van die Linda Theron Drama Studio.
Die studio het met 37 leerlinge gekwalifiseer by die Gauteng Streek rondte met al 37 leerlinge wat hulle SA kleure verower het en gekwalifiseer het om aan die Internasionale kompetisie in New York, VSA te gaan deelneem.
Die studio het ‘n rekord getal medaljes verower wat volg; 237 goud, 124 silwer and nege brons met verskeie trofee’s as ook die prys vir die Algehele Beste Dramaskool.
