Local newsNewsSchools

Mullies-boeties skitter by talent kompetisie

Hierdie sterretjies het hulle Gauteng-kleure, SA-kleure, sertifikate, medaljes en toekennings ontvang.

Die twee Neuper-boeties, Michael en Reinhardt, leerlinge van Laerskool Muldersdrif het onlangs met sakke vol toekennings weggestap by die nasionale kompetisie Talent Africa wat by die Roodepoortse Teater plaasgevind het.

Michael en Reinhardt se uitstaande optredes het gesorg dat hulle kwalifiseer om Suid-Afrika in New York te verteenwoordig waar hulle sal deelneem aan Talent America, die Internasionale rondte van die kompetisie vanaf 5 tot 17 Junie.

Hierdie sterretjies het hulle Gauteng-kleure, SA-kleure, sertifikate en die volgende medaljes en toekennings ontvang:

• Reinhardt (Graad 2): ses goue- en drie silwermedaljes

• Michael (Graad 4): ses goue- en drie silwermedaljes, en een bronsmedalje

Reinhardt en Michael was ook deel van groepe wat aangewys is as die beste junior groep.

Hierdie studente is deel van die Linda Theron Drama Studio. 37 leerlinge van die ateljee het by die Gauteng Streeksrondte gekwalifiseer en al 37 leerlinge het hulle SA-kleure verower. Almal kwalifiseer om aan die Internasionale kompetisie in New York te gaan deelneem.

Verwante artikels:

New York hier kom die Nories

Curro se sterretjies skyn

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button