Local newsNewsSchools

Moeders is soos tjoklits

Moedersdag is om die draai en vir baie is dit 'n dag om die spesiale vrou wat ons ma noem of wie jy as 'n moeder figuur beskou te bederf en ook om aan haar te wys hoe lief jy haar het. Jacobus Myburgh het by leerlinge van Laerskool Krugersdorp-Noord gaan hoor wat maak hulle mamma's spesiaal en of hulle iets vir haar beplan.

Stefan Joubert, 'n Graad 4-leerling sê hy gaan sy ma Santie los om heeldag in die bed te bly waar sy na hartelus al haar gunsteling televisie programme kan kyk. "Ek gaan vir haar ontbyt bed toe vat, want ek wil vir haar iets teruggee om dankie te se dat sy so mooi na my kyk. Ek is so lief vir haar soos al die sterre in die hele Melkweg en sal haar vir niks verruil nie, nie eens vir die nuutste speletjies by die winkel nie."
Stefan Joubert, ‘n Graad 4-leerling sê hy gaan sy ma Santie los om heeldag in die bed te bly waar sy na hartelus al haar gunsteling televisie programme kan kyk. “Ek gaan vir haar ontbyt bed toe vat, want ek wil vir haar iets teruggee om dankie te se dat sy so mooi na my kyk. Ek is so lief vir haar soos al die sterre in die hele Melkweg en sal haar vir niks verruil nie, nie eens vir die nuutste speletjies by die winkel nie.”
La-Shane Swanepoel, 'n Graad 7-leerling het gesê al kan haar ma Jackey soms kwaai wees, is die mees saggeaardste vrou in die wêreld. "Ek is lief vir haar nes sy is - sy beteken die wêreld vir my! Sy is altyd daar as ek iets nodig het soos wanneer ek na 'n netbal oefening of wedstryd moet gaan."
La-Shane Swanepoel, ‘n Graad 7-leerling het gesê al kan haar ma Jackey soms kwaai wees, is die mees saggeaardste vrou in die wêreld. “Ek is lief vir haar nes sy is – sy beteken die wêreld vir my! Sy is altyd daar as ek iets nodig het soos wanneer ek na ‘n netbal oefening of wedstryd moet gaan.”
Doné Senekal, 'n Graad 6-leerling het gesê Moedersdag is 'n dag waar kinders die geleentheid kry om vir hulle ma's te kan wys hoe spesiaal sy is. "Ek is baie dankbaar dat my ma Ingrid in my lewe is en sal haar vir niks in die lewe verruil nie. Ons beplan om haar met ontbyt, 'n dag uit en aandete te bederf. Ek gaan ook vir haar 'n bos blomme gee."
Doné Senekal, ‘n Graad 6-leerling het gesê Moedersdag is ‘n dag waar kinders die geleentheid kry om vir hulle ma’s te kan wys hoe spesiaal sy is. “Ek is baie dankbaar dat my ma Ingrid in my lewe is en sal haar vir niks in die lewe verruil nie. Ons beplan om haar met ontbyt, ‘n dag uit en aandete te bederf. Ek gaan ook vir haar ‘n bos blomme gee.”
Estuné van Eeden, 'n Graad 3-leerling het gesê haar ma Esmé is nes tjoklits. "Sy is baie lief vir my en doen so baie vir my. Daarom gaan ek haar met 'n geskenk verras."
Estuné van Eeden, ‘n Graad 3-leerling het gesê haar ma Esmé is nes tjoklits. “Sy is baie lief vir my en doen so baie vir my. Daarom gaan ek haar met ‘n geskenk verras.”
Reuben van der Merwe, 'n Graad 5-leerling sê Moedersdag is die een dag waar hy sy ma Lynnet kan wys hoe spesiaal sy werklik is. "Ek wil in samewerking met my pa reël dat hulle twee vir 'n romantiese ete sal gaan - en ja natuurlik wil ek dan nie saam nie. As my ma 'n kleur kon wees sou sy beslis rooi gewees het, want sy borrel oor van liefde."
Reuben van der Merwe, ‘n Graad 5-leerling sê Moedersdag is die een dag waar hy sy ma Lynnet kan wys hoe spesiaal sy werklik is. “Ek wil in samewerking met my pa reël dat hulle twee vir ‘n romantiese ete sal gaan – en ja natuurlik wil ek dan nie saam nie. As my ma ‘n kleur kon wees sou sy beslis rooi gewees het, want sy borrel oor van liefde.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button