GPF 9 groei in syfers
Die Sektor 9 waghonde snuffel dwelmhandelaars en gebruikers uit die area.
Die nuwe waghonde in die buurt, die Sektor 9 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), is baie gelukkig oor hulle nuwe lede.
Sedert die stigting van dié GPF verlede jaar het die forum se ledetal na 230 gestyg.
Die forum is die afgelope paar maande geprys in die gemeenskap vir hulle blits vinnige reaksies op noodkrete en hulle positiewe bydra tot die gemeenskap.
Die GPF werk hard daaraan om die area se dwelmepidemie aan te pak en beoog om die buurt ‘n veiliger plek te maak vir die inwoners; een dwelmklopjag op ‘n slag.
‘n Groep patrolleerders en die polisie het vroeër vandeesweek weer verdagte dwelmhuise in Mindalore gaan besoek as deel van hulle beveiligingsinisiatief.
Alhoewel hulle geen arrestasies hierdie week gemaak het nie, dien die operasie as bewusyn vir die gemeenskap.
Die gemeenskap en GPF het op Saterday 25 April by die NG Kerk se saal bymekaar gekom vir hulle maandelikse vergadering en prysuitdeling.
Hier het die brawe patrolleerders sertifikate ontvang vir hulle harde werk en lang ure wat hulle aan die gemeenskap toewei.
“Ek is besonders trots op hoe ons sektor gegroei het, en nooi die gemeenskap uit om hande te vat om misdaad te beveg in area,” het voorsitter, Leon Ehrke gesê.
