Local newsNewsSchools

[KLANKGREEP] Seun in koma na baksteen deur motorruit hom tref

'n Agtjarige seun van Monument Primary is steeds in 'n koma nadat 'n baksteen, wat deur sy pa se motorruit gegooi is, hom getref het.

‘n Agtjarige seun van Krugersdorp is in ‘n koma na ‘n baksteen wat deur sy pa se motorruit gegooi is hom op die kop getref het.

Caden Slabbert en sy sussie het saam met sy pa op die N12 hoofweg gery het toe ‘n kwaaddoener die baksteen gegooi het.

Caden, ‘n leerlinge van Monument Primary, en sy 11-jarige sussie sou die langnaweek saam met hulle pa in Alberton deurbring toe die insident op 30 April plaasgevind het.

Daar word beweer dat die kwaaddoener drie ander soortelykke insidente op die hoofweg naby The Glen winkelsentrum veroorsaak het.

Sedert die insident is Caden in ‘n geïnduseerde koma en het na bewering twee bloedoortappings ontvang.

Die News het met Caden se ma en stiefpa gesels wat vroeg vanoggend, 4 Mei, na die die Clinton Hopsitaal oppad was om ‘n besoek af te lê.

“Ek het gehoop dat die dokters my seuntjie vandag sou wakker maak,” sê sy ma, Andriëtte Cooper.

Caden sal na verwagting langer in die koma gehou word omdat hy intussen water op sy longe ontwikkel het.

Volgends sy ma is hy tans in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal waar hy aan ventilators gekoppel is aangesien hy nog steeds nie 100 persent stabiel is nie.

“Sy longe is nie sterk genoeg op die oomblik nie.”

Weens die traumaties insident gaan sy sussie vir eers nie skool toe nie. Albei kinders is by Monument Primary skoolgaande.

“Hierdie is ‘n baie moeilike tyd vir ons gesin, maar ons het steeds hoop,” vertel Andriëtte oppad na die hospitaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button