Noordskool se rugby spiertiere
Drie leerlinge van Laerskool Krugersdorp-Noord gaan volgende maand aan die Cravenweek deelneem.
Drie seuns van Laerskool Krugersdorp-Noord is besig om hulle spiere goed te oefen vir die Cravenweek wat aanstaande maand begin.
Zander Hoeksma, Waldo van den Berg en Brian Jacobs het onlangs aan die Goue Leeus onder 12 en onder 13 rugbyproewe deelgeneem en is opgewonde om hulle skool in die Cravenweek te verteenwoordig.
Marinus de Beer, afrigter en adjunkhoof van die skool het gesê hy is baie trots op dié spelers en dat nie enigiemand vir die Cravenweek, wat in Vryheid (onder 12) en Witrivier (onder 13) gaan plaasvind, kan speel nie.
“Die keuringsproses is baie streng, maar ‘n mens kan sê hierdie seuns verdien dit, want hulle het hard hiervoor gewerk.”
Hy het gesê die vorige afrigters wat oor ‘n sewe jaar tydperk hierdie seuns geslyp het, kan ook vir hulle insette bedank word.
“‘n Mens moet ook nie die pa’s verby kyk nie, al hulle opoffering en toewyding maak die wêreld se verskil vir hierdie seuns.”
