Agtjarige steeds in koma
Caden sal na verwagting vandag van die verdowingsmiddels afgehaal word.
Die agtjarige Caden Slabbert is steeds in ‘n koma nadat ‘n baksteen hom op sy kop getref terwyl hy saam met sy pa en sussie op die N12 hoofweg gery het.
Caden, en sy sussie Eden, sou vir die langnaweek by hulle pa in Alberton gaan kuier het toe ‘n kwaaddoener ‘n baksteen van ‘n brug af deur sy pa se motorruit gegooi het wat hom op die kop getref het.
Sedert die insident, wat op 30 April plaasgevind het, is Caden in ‘n geïnduseerde koma.
Die News het met sy ma, Andriëtte Cooper gesels om te hoor hoe dit met klein Caden gaan.
Cooper het gister, 5 Mei, bevestig dat hy steeds aan masjiene gekoppel is en dat sy toestand stabiel is.
“Die hospitaal het vir Caden vir so paar ure van die verdowingsmiddels afgehaal toe ons daar was maar later weer terug gesit.”
Sy het ook vertel dat alhoewel hy teen die masjiene baklei, is hy steeds rustig is.
“Hulle gaan vandag probeer om hom heeltemal van die verdowing aftehaal maar dis ‘n baie stadige proses,” het sy aan die News vertel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130 of 079 211 8049.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Caxton Wes-Rand se webwerwe:
• Roodepoort Record
• Randfontein Herald
• Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Jy kan ook jou mening in die kommentaarboksie onder los.
