‘n Inwoner van Krugersdorp-Noord is moedeloos nadat haar gesin ‘n teiken van ‘n ander soorte misdaad geword het.
Monica de Koker het jare lank gespaar om vir haar ‘n handjievol van die populêre stuikboompies, wat geken word as suigstokkieboompies, aan te koop.
De Koker het vyf van dié boompies vir R1 000 aangekoop en trots in haar voortuin op 15 Maart geplant.
Presies ‘n maand later het sy vroeg een oggend by haar huis uitgetru toe sy ‘n skokkende ontdekking maak.
‘n Gat in die grond, waar daar eens ‘n boompie was, het haar daardie oggend gegroet en sy was toe twee boompies kwyt.
Omdat hierdie boompies so spesiaal is het De Koker vir byna 10 jaar daarna uitgesien om die boompies op haar sypaadjie te plant.
Die boompies groei omtrent ‘n meter hoog in lengte en word dan by die blare in ‘n bal vorm gesnoei elke paar maande.
“My hart was so seer gewees,” het sy aan die News gesê.
Die gesin wonder wat die diewe besiel het om hulle prag boompies te steel.
Die News het die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum gekontak om te hoor of dit ‘n alledaagse gebeurtenis in die area is waarop hulle nee gereageer het en meen dat hulle geen soortgelyke klagtes tot dus ver ontvang het nie.
