Local newsNews

Vir die eerste keer in dorp – argeologie en die Bybel

Vir die eerste keer word ‘n reeks lesings in die area aangebied, wat die gehoor op ‘n onvergeetlike toer na hierdie vergete stede, tempels en grafkelders neem.

Deur die eeue het die geheime van antieke stede, grafkelders en tempels van die faro’s en ander antieke leiers mense gefassineer.

Dit is in die 20ste eeu verder op die voorgrond gebring deur ongelooflike ontdekkings wat nuwe lig gewerp het op die raaisels van die verlede.

Die Amarna-briewe en die Ebla-dokumente het die tyd en kultuur van die Ou Testament weer laat herlewe, terwyl die Quamran-rolle, die Magdalen-papirus en vele ander ons nuwe insig in die Nuwe Testamentiese tyd, en die samestelling van en akkuraatheid van die Bybel gegee het.

Vir die eerste keer word ‘n reeks lesings in die area aangebied, wat die gehoor op ‘n onvergeetlike toer na hierdie vergete stede, tempels en grafkelders neem.

Besoekers sal die geleentheid kry om die Piramides, die Sfinks en die Vallei van die Konings te besoek en te loop waar Moses geloop het; om die vrou wat vir Moses uit die Nyl gehaal het van aangesig tot aangesig te ontmoet en te luister na die verstommende stories en profesieë wat verlig word deur die ontdekkings uit die verlede.

Die ontdekkingsreis strek van Rome en Pompei in die weste tot Babilon en Susa in die ooste en van Egipte in die suide deur Jerusalem en Lebanon oor die Bosforus na Istanbul en uiteindelik na die spookstad van Petra.

Die aanbieder, Gustav van Niekerk, wat gehore hier en oorsee geboei het met sy interessante aanbieding van stories, foto’s en gebeure, nooi Krugersdorpers uit om hierdie onvergeetlike reis te kom meemaak.

Kom ontmoet die mense van die antieke tye, lees hulle geskrifte en luister watter geheime hulle vandag aan ons wil oordra – en miskien die belangrikste, waar pas die Bybel, sy mense en sy stories in hierdie fassinerende wêreld in.

Die reeks van vyf lesings word van 11 tot 15 Mei by Clewstraat 15, Kenmare aangebied. Dit begin om 7.30nm. Die lesings is gratis en daar sal voorsiening vir u kinders wees. Daar is ook veilige parkering.

Vir verdere besonderhede kontak Alida by 011 665 1361 of 083 690 4837 of besoek hulle op Facebook by www.facebook.com/Biblenetwork.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button