Die 32-jarige vrou wat oorspronklik van die Vrystaat is en in Krugersdorp as vermis aangemeld is, is veilig gevind.
Kolonel Verna van Staden, wat met die vermiste persone lêers by die Krugersdorp Polisiestasie werk het gesê Isobel Vosloo is in Edenburg, in die Vrystaat gekry waar sy ‘n huis met huurders het.
Sy was verlede Vrydag 1 Mei laas by die Noordheuwel Winkelsentrum in Bellstraat gesien.
Van Staden het voorts gesê dat dit goed is om gereeld familiefoto’s te neem, want dit help die polisie in hulle soektog wanneer ‘n persoon, hetsy ‘n kind of volwassene, vermis raak.
• Onthou daar is geen wagtydperk om ‘n persoon as vermis by die polise aan te meld nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir jou daaglikse gratis plaaslike nuus, besoek Caxton Wes-Rand se webwerwe:
• Roodepoort Record
• Randfontein Herald
• Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Jykan ook jou mening los in die kommentaarboksie onder.
