Local newsNews

Bakkie begin skielik rook

Die eienaar van 'n bakkie wat amper uitgebrand het is dankbaar dat 'n barmhartige verbyganger gehaas het om hom te help.

Danksy ‘n barmhartige verbyganger kon die eienaar van ‘n brandende bakkie die vuur betyds blus en so groter skade vermy.

Die eienaar van die bakkie was oppad om ‘n parkeerarea in die dorp te verlaat toe hy probleme optel en skielik rook by sy enjinkap sien uitblaas.

Daar word beweer dat hy gesukkel het om sy voertuig aan te skakel en na vele probeerslae het hy sy bakkie aan die gang gekry het.

“Die volgende oomblik was dit net rook waar jy kyk,” het Johan Havenga, die verbyganger gesê.

Geskok spring die eienaar uit om sy gesin uit die bakkie te kry.

Havenga het die wolke rook gesien en besluit om die eienaar te help.

Op en af het die twee in die parkeer area gehardloop opsoek na ‘n brandblusser. Na sowat 20 minute se gesukkel het die barmhartige verbyganger en eienaar die brand geblus.

“As ons nie so vinnig gereageer het nie kon die skade moontlik groter gewees het,” meen Havenga.

Gelukkig vir die bakkie eienaar is daar steeds barmhartige mense soos Havenga wat nie huiwer om ‘n vreemdeling in die nood te help nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button