Goud vir Liza in Mauritius
“Ons is verheug dat sy die gouemedalje huis toe kon bring,” het Christa gesê.
Die veelsydige sportdogter Liza Kellerman het weer opskrifte gehaal na ‘n blink vertoning op die atletiekbaan in Mauritius.
Volgens die leerling van Hoërskool Monument se ma, Christa, het Liza eerste plek behaal in die 800 meter tydens die Tweede CAA Jeug Afrika Kampioenskappe in April.
Selfs die Keniane wat bekend is vir hul lang- en middelafstandvermoë het nie ‘n kat se kans gestaan nie.
“Ons is verheug dat sy die gouemedalje huis toe kon bring,” het Christa gesê.
Liza is ‘n leerling van Hoërskool Monument maar woon haar lewe lank in Randfontein.
Liza het die afgelope onlangs aan die SA Ope Kampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.
Nou is dit skouer aan die wiel met voorbereiding vir die Wêreld Jeug Kampioenskappe in Cali, Colombia wat op 17 Julie plaasvind.
Liza bedank graag Atletiek Suid-Afrika (ASA) vir die vertroue wat hulle in haar gestel het om haar te kies om Suid-Afrika se Jeugspan te kon verteenwoordig. Sy bedank ook haar afrigter Hein Mare wat haar voorberei en ondersteun vir die belangrike jaar wat voorlê.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
