Monnas rugby sorg vir nog ‘n Tuks Skole oorwinning
Monnas pronk vir die derde jaar in 'n ry as die Tuks Skole reeks wenners.
Hoërskool Monument se vere pronk behoorlik nadat hulle as die algehele wenners van die Tuks Skole reeks gekroon is.
Hierdie oorwinning was net een van vele ander wat wys hoekom Monnas as een van die top sportskole in die land gereken kan word.
Monnas spog al met hierdie toekenning van algehele wenner van die Tuks skole reeks vir die afgelope drie jaar.
Sportsoorte wat deel maak van hierdie kompetisie sluit in rugby, netbal, hokkie, tennis, muurbal, gholf, skaak en landloop.
Monnas word vanjaar ook as wenners van die volgende sportsoorte aangewys wat hulle rugby, skaak en gholf ingesluit het.
Alhoewel Monnas ‘n tweede plek in die landloop reeks behaal het en ‘n derdeplek in die netbal, dra hulle steeds die algehele titel hoog.
Die rugby sake was op die veld uitgeveg by die LC de Villiers sportkomplets en die resultate was as volg:
• 0/14B wen teen HTS Middelburg 12 – 11
• 0/14A wen teen HTS Middelburg 20 – 12
• 0/15B wen teen Nelspuit 15 – 7
• 0/15A wen teen Kempton Park 44 – 7
• 0/16A wen teen Eldoraigne 24 – 20
• Tweede span wen teen Garsfontein 22 – 0
• Eerste span verloor teen Dr EG Jansen 17 – 29
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
